Saxe-Coburg Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Saxe-Coburg Lodge is sentraal geleë, in die historiese hartjie van Prins Albert, 'n bekoorlike dorpie in die Wes-Kaap. Ons is ook binne stapafstand van al die restaurante, kunsgalerye, winkels met antiekware en besienswaardighede af.

Ons het 5 luukse tuinkamers met lugversorging, en suite-badkamers en 'n uitsig oor die Swartberge. Al die kamers het privaat ingange met stoepe en is toegerus met lugversorging, plafonwaaiers, elektriese komberse vir die koue wintersaande, koffie- en teemaakgeriewe, kluise, haardroërs, platskerm-TV's en yskassies.

Gaste kan ontspan in die reuse tuin wat voor jou uitstrek met 'n swembad en 'n wonderskone uitsig op die nabygeleë Swartberge. Alhoewel ons in die middel van die dorp geleë is, heers 'n landelike atmosfeer steeds. Teen ons suidelike grens lê 'n wingerd wat Soet Karoo, 'n bekroonde dessertwyn produseer. Ons buurman aan die noorde het 'n olyfboord met om en by 500 bome. Ons is Engels, Afrikaans, Frans en Duits magtig.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Saxe-Coburg Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 150 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za