Saxon River Camp
- Kapasiteit: 40 mense
-
Inkloktyd: 11:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 13,6 km vanaf die N2, Middel Drift Plaas 331, Albertina, 6695, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Saxon River Camp bied 'n keuse tussen kampeerplekke of 'n houtkothuis 14 km buite Albertina. Die kampeerterrein is op 'n privaat werkende plaas geleë wat deur aalwyne en klowe wat jou asem sal wegslaan, omring is.
Daar is 6 lekker groot kampeerplekke op die oewer van die Valsrivier wat elk slaapplek bied aan 6 gaste. Dit is ideaal vir tente sowel as karavane en elkeen het 'n uitsig oor die rivier. Daar is kragpunte beskikbaar vir elke staanplek en gedeelde ablusiegeriewe met 'n stort en 'n gasgeiser.
Die houtkothuis bied slaapplek aan 3 gaste en het 'n stapelbed en 'n enkelbed. Linne en badhanddoeke word voorsien. Daar is 'n stort, toilet en 'n wasbak in die badkamer langs die eenheid.
Die kothuis het 'n kombuisie buite wat met 'n yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, opwasgeriewe, eetgerei en breekware toegerus is. Gaste kan die rivieruitsig vanaf die dek geniet.
Neem asb. kennis dat daar geen selfoonsein is nie, behalwe op 'n sekere deel van die pad wat na die rivier toe lei.
Gaste kan voetpaaie en die Zipline oor die rivier geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Mias Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 13,6 km vanaf die N2, Middel Drift Plaas 331, Albertina, 6695, Wes-Kaap
- Gaste dink Saxon River Camp het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 40 mense
-
Inkloktyd: 11:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 13,6 km vanaf die N2, Middel Drift Plaas 331, Albertina, 6695, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom