aanbod Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 7 Jan 2020 tot 30 Apr 2020.
Big Bay Akkommodasie by Sea Gem | LekkeSlaap
+22
+22

Sea Gem

Selfsorg
  • Spesiale Aanbod - Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3.
  • Vanaf R890 R668 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto du Plessis Drive 1006, Dolphin Ridge 81, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18

Beskrywing

Sea Gem is 'n woonstel in Bloubergstrand. Dié selfsorgwoonstel is in die Dolphin Ridge in Bloubergstrand, 'n veilige kompleks sowat 500 m van Big Bay-strand af, geleë. Dit is ook stapafstand van al die geriewe en restaurante af.

Dié sluit-en-gaan-uit-woonstel het gemaklike slaapplek vir 2 gaste en het 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof en oond, 'n mikrogolf, eetgerei en breekware in. Die ruim leefarea het 'n platskerm-TV met DStv-toegang. Die slaapkamer en die leefarea het luisterryke see-uitsigte.

Daar is 'n veilige toesluitmotorhuis. Verder is daar 'n wassery in die Dolphin Ridge-kompleks wat met munte werk beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Sea Gem sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Portugees

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Otto du Plessis Drive 1006, Dolphin Ridge 81, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R890
Vanaf R668
per nag (plek vir 2)
was R890
Vanaf R668
per nag (plek vir 2)
was R890
Vanaf R668
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto du Plessis Drive 1006, Dolphin Ridge 81, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcyYWE5OTExLWRiNTMtNDVlZi04NzFiLTMzNTc5M2FkMjkyOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R890, nou Vanaf R668  per nag (plek vir 2) 1006 Otto du Plessis Drive 81 Dolphin Ridge 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -33.789357818341 18.458055179762
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za