Sea Spray
Kry 30% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 18 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marienerylaan 4, Sea Spray-gebou, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 200R840 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sea Spray is 'n selfsorg-vakansiewoonstel teen die see in 'n veilige kompleks in Bloubergstrand. Dié woonstel is net oorkant Blouberg se wit strand en bied 'n onbelemmerde uitsig op oor Robbeneiland en Tafelberg.
Die hele grondvloerwoonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed met 'n baie gemaklike matras.
Die eenheid beskik oor onbeperkte optiesevesel-WiFi en 'n 50"-platskerm-TV met slegs Netflix, MyFamilyCinema en YouTube. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof en oond, mikrogolf, ketel, yskas, eetgerei, breekware en kookgerei. Die sitkamer lei na die privaat tuin wat direkte strandtoegang bied.
Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 1 motor. Die kompleks het 24 uur-sekuriteit, afstandbeheerde toegang, wasmasjiene wat met munte werk, en 'n gemeenskaplike swembad met sonstoele.
Dis stapafstand vanaf winkels en restaurante.
Let asb. dat dit 'n selfsorg-eenheid is en 'n ekstra skoonmaakfooi word gehef. 'n Ekstra skoonmaakdiens kan op versoek gereël word. Die Tv het nie kanale 1, 2, 3 of e-TV nie.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Leon Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 68
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Marienerylaan 4, Sea Spray-gebou, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea Spray het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bloubergstrand Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marienerylaan 4, Sea Spray-gebou, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap