Margate Beach Akkommodasie by Seabrook 602 | LekkeSlaap
+16
+16

Seabrook 602

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hoek van William O’Connor-rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Seabrook 602 is 'n selfsorg-eenheid wat in die Seabrook Holiday woonstelkompleks geleë is. Die kompleks is bekend vir sy uitstekende uitsigte en gerieflike toegang tot Margate se hoofstrand en ander vakansie-doendinge. Die eenheid spog met pragtige uitsigte oor die dorp wat genoegsame geleenthede bied om dolfyne, walvisse, seevoëls en die sardientjieloop dop te hou.

Die woonstel het 3 slaapkamers en 2 badkamers en is baie smaakvol gemeubileer. Die hoofslaapkamer het 1 dubbelbed en 'n volledige uitsig oor die see. Die tweede slaapkamer het ook 'n uitsig oor die see en is toegerus met 2 enkelbeddens. Die derde het ook 2 enkelbeddens. Die een badkamer het 'n bad en die ander een het 'n stort.

Gaste sal die lieflike oopplan-kombuis en -leefarea geniet. Die een kombuis is ten volle toegerus vir jou selfsorgbehoeftes en daar is 'n eetkamertafel met oorgenoeg sitplek. Die sitkamer beskik oor 'n TV met 11 DStv-kanale. Ontspan met 'n skemerkelkie en geniet die pragtige see-uitsigte.

Daar is 'n onderdakparkeerplek, nommer G57, ingesluit by die eenheid en 'n kluisie word voorsien vir jou persoonlike items.

Die Intercity Express Bus stop by Marine-rylaan by die Margate Mini Coach-bushalte, slegs 500 m vanaf die Seabrook Woonstelle. Op versoek kan gaste opgelaai word by die bushalte en aangewys word na Seabrook Woonstelle. Buiten dit sal daar geen ekstra vervoer benodig word tydens jou verblyf nie aangesien alle winkels, banke, besighede, restaurante en vermaak binne maklike loopafstand van die woonstel af is.

Slaapplek

’n Bespreking by Seabrook 602 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Geriewe

  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

2.6 uit 5van 1 resensie vir Seabrook 602
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
1.0/5
Veiligheid
1.0/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ligging

  • Hoek van William O’Connor-rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 6)
Vanaf R950
per nag (plek vir 6)
Vanaf R950
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hoek van William O’Connor-rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJpg2YVKctb32dtQMgSg6Cd1HaekUhGy7OpMvZgKzUjLtHjwcBS?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 6) 1 5 1 3 Corner of William O’Connor Drive and Panorama Parade Margate 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -30.863584 30.370432
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za