Seagetaway Self-Catering Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seagetaway bied selfsorgverblyf aan gesinne, vriende en paartjies in Simonstad in die Kaapse Skiereiland. Bespreek jou ontspannende wegbreek by die see by een van ons 4 eenhede: Die Kothuis, Superieure eenheid, Sakpas-eenheid en die Seekantwoonstelle.

Simonstad is 'n prentjiemooi kusdorpie wat oor Valsbaai uitkyk en net 45 minute vanaf Kaapstad en 'n uur vanaf die Wynlande geleë is. Seagetaway bied 4 selfsorg-eenhede met panoramiese see- en berguitsigte. Die verblyf sluit keurige meubels, wit perkallinne, privaat ingange en parkeerplek op die perseel in, en daar is 'n gasvrye gasheer in wat 'n idilliese selfsorg-vakansie verseker. Seagetaway-eenhede is geteël en al die badkamers het storte. Satelliet-TV en gratis WiFi word voorsien.

Gaste kan maaltye in die privaatheid van hul eenhede voorberei. Daar is egter ook verskeie restaurante en koffiewinkels in Simonstad om van te kies of gaste kan 'n kort entjie ry en die restaurante en winkels in Kalkbaai en Noordhoek probeer.

Doendinge in die omgewing sluit ongerepte strande, swem saam met pikkewyne, walviskyk (Junie tot November), haaihokduik, seekajakvaart, fietsry, voetslaan en gholf in. Stap deur die eklektiese versameling winkeltjies en verken die keisteenstraatjies wat jare se geskiedenis verklap. Boulders-strand is net sowat 1,5 km van hier af, en Seagetaway is sowat 46 km vanaf die lughawe, 43 km vanaf Kaapstad en 8 km vanaf Kaappunt Natuurreservaat.

Daar is tientalle besienswaardighede in die omgewing. As jy wil ontspan, kan jy sonbaai op die strand, rondstap by Boulders-strand terwyl jy die pikkewyne dophou, die skilderagtige roete na Kaappunt in die Tafelberg Nasionale Park ry, deur Simonstad se historiese hoofstraat stap, 'n drankie by die plaaslike waterfront geniet, museums besoek, jou kinders na die Scratch Patch neem en halfedelstene soek, vars vis by Kalkbaaihawe koop en braai by die huis of jou verlustig aan disse by een van die plaaslike restaurante of koffiewinkels.

As jy meer energiek is, kan jy in die see swem, draf of stap langs die beeldskone kuslyn, fietsry op die skilderagtige roete van die Cape Argus-fietstoer, vlieërbranderry by Glencairn-strand, die staproetes rondom Kaappunt verken, branderplankry by die plaaslike strande, kajak op die see langs die hawe of verby die pikkewyne, saam met die Simon's Town Yacht Club seil, 'n potjie gholf geniet of skubaduik.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seagetaway Self-Catering Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false