Keurboomstrand Akkommodasie by Seagull View Cottages | LekkeSlaap
+44

Seagull View Cottages

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Net langs die PO394-pad, Milkwood Glen, Keurbooms, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R945 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Seagull View Cottages is naby Keurboomstrand en net 300 m van die strand af geleë.

Gaste kan kies tussen 4 verskillende kothuise, Seagull A, Seagull B, Seagull C of Seagull D. Die kothuise het slaapplek vir tussen 4 en 6 mense en bied lieflike see- of berguitsigte. Elke eenheid beskik oor 2 of 3 kamers wat ingerig is met dubbelbeddens en enkelbeddens. Daar is ook privaat badkamers met baddens en storte. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie strand- en badhanddoeke saambring.

Elke kothuis het 'n oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, stoof en oond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitkamer het lugversorging, 'n TV met DStv en die lei na 'n privaat en onderdak-patio. Ingeboude braaigeriewe en parkeerplek is beskikbaar. Let asseblief daarop dat rook verbode is in die kothuise. Ongelukkig kan ons nie besprekings vir matriekgroepe of studente aanvaar nie.

Die kompleks het 'n swembad, 'n plonspoel en die strand is net 'n kort entjie se stap ver. Walvisse kan hier rond gewaar word tussen Mei en November en dolfyne baljaar in die branders heel jaar lank. 'n Verskeidenheid doendinge en besienswaardighede is in die nabyheid en gaste is welkom om dit te besoek en verken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 21 resensies vir Seagull View Cottages
Netheid
4.5/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Net langs die PO394-pad, Milkwood Glen, Keurbooms, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seagull View Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R945
per nag (plek vir 6)
Vanaf R945
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Net langs die PO394-pad, Milkwood Glen, Keurbooms, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdhNDRhNjRkLWViZmYtNDI4Yy05MWYwLTAzOTc3OTZiNDllMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R945  per nag (plek vir 6) 21 5 1 5 Off PO394 Road Milkwood Glen 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 09:00 -34.007364080971 23.438499569893
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za