Seascape

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seascape is 'n selfsorgwoonstel wat in die gesinsvriendelike Twee Kuilen Park Security Village geleë is. Dit is ideaal geleë tussen Diazstrand en Hartenbos aan die pragtige Tuinroete.

Seascape is 'n hoekwoonstel op die grondvloer met 'n onbelemmerde tuinuitsig. Dit het slaapplek vir 4 gaste, asook 'n baba/kleuter/kindjie, en beskik oor 2 en suite-slaapkamers en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede, kleiner slaapkamer het 'n stapelbed wat ideaal is vir 2 kinders, asook 'n en suite-badkamer.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n wasmasjien, yskas, mikrogolfoond, 'n stofie en oondjie, 'n broodrooster, ketel, eetgerei en breekware. Die leefarea is ingerig met 'n bank en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n patio met 'n ketelbraai en 'n buite-eetstel. Onderdakparkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Twee Kuilen Park village het 'n gemeenskaplike buiteswembad en 'n speelarea vir die kinders. Die perseel grens aan 'n riviermonding met 'n verhewe paadjies waar gaste kan wandel om die voëllewe te bewonder. Die opsigter se kantoor is op die perseel en is oop gedurende kantoorure.

Diazstrand en Diaz-Waterpark is stapafstand. Die waterpark het verskeie waterwurms, asook 'n verhitte swembad en mini-gholf om pret en plesier aan mense van elke ouderdom te verskaf. Hierdie geriewe is egter net oop in die spitsseisoentyd. Daar is ook 'n mengeldrankie-kroeg op die strand waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet. Die braai- en piekniekareas is tot gaste se beskikking vir ontspanne etes. Diazstrand is 'n gewilde bestemming onder diegene wat wil leer hoe om branderplank te ry en surf-skole gebruik dit op 'n daaglikse basis. Daar is ook 'n skubaduiksentrum, Electrodive, waar jy kan aansluit vir 'n kursus, of, as jy reeds die kwalifikasie het, kan jy in die vlakker riwwe gaan duik.

Hartenbosstrand is 'n Blouvlagstrand wat beteken dat die strand skoon en veilig is, en dat dit op 'n omgewingsvriendelike wyse onderhou word. Hartenbos se waterpark bied die grootste verskeidenheid waterwurms in die Wes-Kaap en is langs 'n pretpark en mini-gholfbaan geleë. Langeberg Mall is net 2 km ver. Mosselbaai sal jou ook verstom met al sy prettige doendinge waaronder haaihokduik met witdoodhaaie, skubaduik, valskermduik, kajakvaart, gholf, roetedraf en voetslaan, bergfietsry, sandplankry, 4x4-roetes, Safari-wildritte, bootritte na Robeiland, walviskyk (in seisoentyd) en vele meer.

Slaapplek

'n Bespreking by Seascape sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbank vir 1

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seascape gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za