SeaSide Self-Catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

SeaSide Self-Catering bied verblyf in verskeie eenhede in McDougallsbaai aan. Hierdie selfsorg-eenhede is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en ver van die stad se geraas af.

Die verblyf by SeaSide Self-Catering word in 8 eenhede aangebied. Die eenhede is ten volle gemeubileerd en hulle is eenders ingerig en uitgelê. Die eenhede beskik elkeen oor 1 of 2 slaapkamers en badkamers en 'n oopplan-leefarea met 'n goed toegeruste kombuisie vir die voorberei van maaltye.

Elkeen van die eenhede beskik oor privaat braaigeriewe, 'n TV met plaaslike kanale en onderdakparkeerplek vir 1 voertuig per eenheid. SeaSide Self-Catering is net 'n entjie se ry van verskeie restaurante, winkels en doendinge soos vlieërbranderry, seilplankry en kajakvaart af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SeaSide Self-Catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false