Seekat 1

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seekat 1 is 'n selfsorgwoonstel in Paternoster, 'n unieke vissersdorpie aan die Weskus. Dié dorpie is veral gewild onder diegene wat op soek is na 'n Mediterreense atmosfeer, afgewitte vissershuisies, eindelose strande, en hemelsblou water.

Die eenheid het 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort. Let asb. daarop dat die badkamer die dubbelkamer se en suite-badkamer is en via die hoofslaapkamer bereik word en met die enkelbedkamer gedeel word.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorgverblyf en beskik oor 'n stoof, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv, WiFi en 'n etenstafel. Daar is ook 'n groot kaggel. Die veranda het sitplek en ingeboude braaigeriewe. Troeteldiere en klein hondjies is welkom indien vooraf gereël.

Die eiendom het 'n alarm, diefwering, 'n hek en parkeerplek op die perseel vir 2 motors. Die eenheid is minder as 150 m vanaf die strand.

Slaapplek

'n Bespreking by Seekat 1 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seekat 1 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za