Paternoster Akkommodasie by Seeperdjie | LekkeSlaap
+12

Seeperdjie

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Koenibosstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Seeperdjie is 'n lieflike selfsorgstrandhuis met asemrowende uitsigte oor Bekbaai, sowat 80 m vanaf die strand in Paternoster. Let asseblief daarop dat dit 'n openbare strand is en dit besig en luidrugtig kan raak gedurende die vakansie.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek vir 4 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer, -leefarea en 'n beskutte patio. Die eerste slaapkamer op die boonste verdieping het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer op die onderste verdieping het 'n dubbelbed en 'n en suite-slaapkamer met 'n stort. Elkeen het ook deure wat oopmaak sodat gaste die lieflike uitsigte kan geniet.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorgverblyf en sluit 'n elektriese stoofplaat en oond, ontbyttoonbank met stoeltjies en 'n aparte opwasarea met 'n skottelgoedwasser in. Die gemaklike leefarea het 'n TV met volle DStv en binnebraaigeriewe.

Buite is daar 'n beskutte patio met buitemeubels en ingeboude braaigeriewe. Parkeerplek op die perseel is ook beskikbaar. Lieflike uitsigte kan vanaf die patio geniet word. Ongelukkig word troeteldiere nie op die perseel toegelaat nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Seeperdjie sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 14 resensies vir Seeperdjie
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Koenibosstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seeperdjie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Koenibosstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAsS9FqnpUIJlVdpw4SEeCMB0ihFs3Oa9K0n1kfyOUjTjCJJsbw2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (plek vir 4) 14 5 1 5 3 Koenibos Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -32.8110556 17.8845056
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za