Shanyane Guesthouse
- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R510/OR Thambo-weg, Lephalale, Ellisras, 0555, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R950 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Shanyane Guesthouse is ideaal geleë naby die R510-pad in die hoofstraat in Lephalale (Ellisras). Die gastehuis is gerieflik in die dorp geleë en tog bied dit al die rustigheid en stilte van die platteland.
Lephalale (Ellisras) is net 95 km van die Groblersbrug-grenspos na Botswana geleë en Shanyane Guesthouse waarborg 'n goeie nagrus in 'n gemaklike bed asook 'n smullekker en stewige plaasontbyt wat sommer vinnig jou batterye sal herlaai en jou sal voorberei vir die dag se ry en avonture.
Verblyf word in dubbelkamers en 'n gesinskamer aangebied. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad, lugversorging, yskas, 'n TV met DStv, gratis WiFi, 'n haardroër, koffie- en teemaakgeriewe en tuisgemaakte beskuit.
Smullekker ontbyt, aandete en middagete is op versoek beskikbaar.
Gaste kan rustig gaan wandel in die groot tuine en hierdie lowergroen oase in die Bosveld geniet. Gaan koel af in die swembad of braai 'n vleisie op die kole. Ons het veilige parkeerplek op die perseel beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Drankies ingesluit
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Sekretariële Geriewe
- Rekenaar Netwerklewering
- Internet
- Skuifie-projektor
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- R510/OR Thambo-weg, Lephalale, Ellisras, 0555, Limpopo
- Gaste dink Shanyane Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Lephalale (Ellisras) Waterberg Limpopo
- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R510/OR Thambo-weg, Lephalale, Ellisras, 0555, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom