Sharons Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 2 Mei 2020.

Beskrywing

Sharons Villa is 'n pragtige, opgegradeerde selfsorg-eenheid in die noordelike voorstede van Kaapstad, 'n entjie se ry van die middestad en die lughawe af. Dit is baie naby Cape Gate, die Onkologie-sentrum en die Cape Gate MediClinic. Dit is ideaal vir vakansiegangers asook langtermyn-sakereisigers.

Die bekoorlike huis het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 3 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed. Die gedeelde badkamer het 'n bad en 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, dubbeloond, mikrogolfoond en kookgerei. Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale. Veilige parkeerplek word voorsien.

Dit is naby besienswaardighede en geriewe soos Durbanville-wynlandgoedere, Grand West Casino, Cape Gate Winkelsentrum, Barnyard Theatre en Durbanville-kliniek.

Slaapplek

'n Bespreking by Sharons Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Wasgoeddiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sharons Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 R468 per nag (plek vir 3)

Kry 15% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 2 Mei 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za