Sherewood Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sherewood Lodge is 'n boetiek-gastehuis wat in Shere in Pretoria geleë is en 10 individueel gemeubileerde kamers asook 2 konferensielokale bied. Kenmerkend aan die lodge is die lowerryke plantegroei met koors-, rotsvy-, karee- en akasiabome, wat die landskap in asemrowende skoonheid tooi.

Die grasdak-gastehuis en -kothuise is ontwerp in 'n landelike styl met 'n stedelike invloed en versier in warm Afrika-kleure en natuurlike materiaal uit klip, hout en leiklip wat volkome vreedsaamheid met die natuurlike omgewing laat vervleg.

Sherewood Lodge het pragtige onthaalareas onder die bome op houtdekke en privaat tuinhuisies wat tussen die bome skuil.

Die konferensielokaal het plek vir 10 konferensiegangers. Daar is ook 'n uitstekende lokaal vir 50 gaste wat perfek is vir intieme, romantiese funksies of geleenthede. 'n Boma-area is ook beskikbaar sodat jy onder die sterrehemel kan ontspan.

Hoewel dié lodge deur die groen landskap van Shere omring word, is ons na aan al die nodige geriewe en besienswaardighede, van toeriste-aantreklikhede tot natuurlike wegbreekplekke.

Die lodge is gerieflik naby die M4-hoofweg en bied maklike toegang tot die groter Pretoria-omgewing, die sakekern van Johannesburg en die O.R. Tambo Internasionale Lughawe.

Gaste sal heerlike bederf word by Sherewood wanneer jy wegbreek van die gewoel en ontspan in die "Sebesebe" ondervinding, 'n Sotho woord vir vrede, rus en rustigheid.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sherewood Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 440 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za