Shore's Edge Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Shore's Edge Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n pragtige tweeslaapkamerhuis wat onlangs opgeknap is en teen die kus geleë is. Die patio lei na 'n kuspaadjie vanwaar jy tot op Sandbaai en Onrus se strande kan wandel.

Dié huis is in Sandbaai se westelike deel geleë en grens aan Onrus. Dit beskik oor 2 en suite-slaapkamers waarvan 1 'n koningingrootte-bed en die ander 2 enkelbeddens het. Die huis is ideaal vir 2 paartjies of 'n paartjie met 2 kinders. Die oopplan-leefarea bied ononderbroke see-uitsigte en skuifdeure wat lei na 'n groot patio vanwaar jy die branderplankryers, dolfyne, walvisse en kreefbote kan dophou.

Die huis het ook 'n kombuis met 'n eilandjie en sitplek. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, skottelgoedwasser, mikrogolf en yskas-vrieskas. Die kombuis lei na 'n beskutte patio aan die huis se noordelike kant met braaigeriewe. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 8, veilige parkeerplek, wasgoedgeriewe en gratis WiFi.

Sandbaai is lekker sentraal by die ingang tot die Hemel-en-Aardevallei met maklike toegang tot Hermanus, wynroetes, restaurante, galerye, bergfiets- en staproetes, naweekmarkies en die Whale Coast Mall. Verken Sandbaai se rotspoele of volg die kuspaadjie vanaf Sandbaai via Onrus tot in Vermont met pragtige uitsigte oor die see en toegang tot verskeie strande.

Slaapplek

'n Bespreking by Shore's Edge Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shore's Edge Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 R1 980 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false