Silhouette 8

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Silhouette 8 is ’n gerieflike selfsorgwoonstel vir 6 gaste in Lawrence Rocks en is slegs 400 m van die strand af.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste en tweede slaapkamer het elk ’n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die sitarea het ’n sitkamerstel wat gemaklik is en ’n platskerm-TV teen die muur met volledige DStv-kanale.

Die leefarea lei na ’n lieflike balkon met ’n piekniektafel. Die patio het 'n see-uitsig.

Daar is 1 parkeerplek in die motorhuis. Die kompleks het ’n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe.

Silhouette 8 is 2 km vanaf die Hibiskus Mall Sentrum en 3 km vanaf Waffle House. Die area bied verskeie doendinge soos branderplankry, duik, snorkel, swem, bergfietsry, gholf en nog meer.

Slaapplek

'n Bespreking by Silhouette 8 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Silhouette 8 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R672 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za