Simo Beacon Bed & Breakfast
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 11:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mopani Place 15, Beacon Bay, Oos-Londen, 5219, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Simo Beacon Bed & Breakfast is 'n privaat en rustige gastehuis in Beacon Bay, Oos-Londen wat 'n gewilde stad aan die Sonskynkus van die Oos-Kaap is.
Die gastehuis spog met gerieflike en pragtige en suite-kamers met vars linne. Die kamers is ook ingerig met platskerm-TV's met sekere DStv-kanale, gratis WiFi asook koffie- en teemaakgeriewe.
Dit is ideaal vir besigheidsreisigers, gesinne en individuele vakansiegangers. Die huis beskik oor 4 kamers wat smaakvol ingerig is en waarvan 2 ekstra groot en ruim is. Let asb. daarop dat rook verbode is in die kamers. Verder is daar 'n gastesitkamer waar gaste kan ontspan en TV kyk, 'n rustige patio wat toegang tot die swembad en braaiplek bied, asook 'n oopplan-kombuis en -eetarea.
'n Wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Veilige parkeerplek op die perseel word voorsien.
Die gastehuis is ideaal geleë, want dis lekker naby die Blue Lagoon Hotel, Spargs Superspar, Beaconbaai Winkelsentrum, gewilde restaurante, Life Hospitaal Beaconbaai en die pragtige Bonzabaaistrand.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gratis WiFi
- WiFi
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Ligging
- Mopani Place 15, Beacon Bay, Oos-Londen, 5219, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Blue Bend Stirling Oos-Londen Oos-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 11:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mopani Place 15, Beacon Bay, Oos-Londen, 5219, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom