Skaapkraal
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sea View-rylaan 67, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Skaapkraal is 'n bekoorlike selfsorgvakansiehuis en aparte woonstel by die ikoniese Blousloep van Franskraal. Die huis straal die bekoring van 'n ou era uit en bied 'n rustige en gerieflike wegbreekplek aan gesinne en vriende.
Die huis en woonstel kan apart bespreek word. Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Beddegoed en handdoeke word voorsien en WiFi is beskikbaar.
Die huis se oopplan-leefarea bied gemaklike sitplek, 'n TV, etenstafel en 'n ingeboude braai. Die woonstel het 'n oopplan-leefarea met sitplek, 'n etenstafel en kombuisie. Beide eenhede het selfsorgkombuisgeriewe. Daar is braaigeriewe in die tuin, 'n stoep en 'n see-uitsig. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die see is net oorkant die straat en Blousloep is 'n ideale bestemming vir kajak vaar, roeiski en om sommer net op 'n tjoep te dryf. Skaapkraal is dus die perfekte vakansiehuis by die see.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
5/5
Martelize Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 2
Resensies 2
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- Sea View-rylaan 67, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Franskraal Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sea View-rylaan 67, Franskraal, 7220, Wes-Kaap