SkipSkop
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malgasstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 700 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
SkipSkop is 'n pragtige huis in Fisherman's Village in Paternoster, na aan al die winkels en restaurante. Besoekers aan Paternoster kan hulle verlustig in die besigtiging van walvisse en dolfyne wat 10 maande per jaar hier in die see baljaar.
Die huis bestaan uit 4 slaapkamers en daar is slaapplek vir nog 2 mense in die solderkamer op 2 enkelbeddens, maar gaste moet asseblief hulle eie beddegoed saambring. Daar is
3 badkamers waarvan twee 'n en suite is, 'n groot ten volle toegeruste kombuis en eetkamer, 'n gemaklike sitkamer met DStv op aanvraag teen 'n ekstra koste per dag, en 'n pragtige terras met braaigeriewe en gedeeltelike see-uitsig.
Paternoster is sowat 150 km vanaf Kaapstad en 15 km noordwes van Vredenburg. Dit is 'n gunstelingbestemming vir 'n naweekwegbreek. Die Weskus is bekend vir sy omvangryke spesies en die verskeidenheid inheemse plantegroei - 'n baie spesiale plek vir veldblomliefhebbers van regoor die wêreld.
Slaapplek
’n Bespreking by SkipSkop sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Malgasstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink SkipSkop het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malgasstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom