Dwarskersbos  Akkommodasie by Slakkepas 7 | LekkeSlaap
+10

Slakkepas 7

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 59, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Slakkepas 7 is 'n selfsorg-meenthuis in 'n veilige kompleks in Dwarskersbos. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en weg van die gedruis van die stad af.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 1 badkamer en is volledig gemeubileer. Die eerste 2 slaapkamers is op die grondvloer en albei het dubbelbeddens. Die derde slaapkamer is in die solder en het 2 enkelbeddens. Die leefarea is oopplan en die kombuis is goed toegerus met geriewe om etes voor te berei. Die sitkamer het 'n gemaklike sitplek met 'n TV met DStv, so jy is meer as welkom om jou dekodeerder en slimkaart te bring. Ons voorsien linne (duvets en komberse), maar vra dat gaste asseblief hulle eie bad- en swemhanddoeke bring.

Die huis het 'n binne- en buitebraai met geriewe om van gebruik te maak. Daar is 'n gemeenskaplike swembad in die kompleks. Slakkepas 7 is stapafstand van die strand en na aan verskeie restaurante en winkels in die dorp asook Velddrif.

Bergrivier Munisipaliteit het vlak 4 waterbeperkings geïmplementeer. 'n Tuinslang mag ook nie gebruik word nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Slakkepas 7 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 5 resensies vir Slakkepas 7
Netheid
4.4/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Hoofweg 59, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Slakkepas 7 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 59, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDViMjFjZTVhLTU4YTEtNDM0ZS05ZTkzLTBkZmRmOTFjZjUzYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 350  per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 59 Main Road Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -32.695380626573 18.23311239481
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za