Slanghoek Mountain Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Slanghoek Mountain Resort is in die pragtige Slanghoekvallei, teen die hange van die Badsberg-bewarea, geleë. Dit is 'n toevlugsoord vir dié wat asemrowende uitsigte en die natuurlike skoonheid van inheemse fynbos waardeer.

Die oord bied 8 selfsorg-chalets wat volledig toegerus is en het slaapplek vir 2 tot 5 gaste. 6 van dié eenhede het 'n binne-braai en die ander het 'n kaggel. Verder is daar 13 selfsorg-safaritente met slaapplek vir 2 volwassenes óf 2 volwassenes en 2 kinders elk. Dit is ingerig met 'n kombuisie, 'n en suite-stort en toilet. Ander geriewe sluit 2 swembaddens, 'n trampolien en 'n klimraam vir kinders in.
Let asb. op dat geen geriewe soos seep, sjampoe, koffie, tee, melk, ens. by die selfsorg-eenhede ingesluit is nie. Daar is ook nie ysbakkies, haardroërs of stykysters in die eenhede nie.

Ons het 15 grasbedekte kampterreine. 'n Stroom vloei deur die kamp vanaf die wingerde op die plaas, sowat 800 m van die res van die oord af. Daar is 'n swembad, trampolien en 'n klimraam. Elke staanplek het 'n houthut met 'n stort en 'n toilet.

Vir entoesiastiese stappers het ons 2 voetslaanpaaie op die perseel, een van 1 uur en 'n ander van 3 ure lank.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Selfsorg
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Slanghoek Mountain Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R620 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false