Sneeukop Mountain House
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lustigaan-weg, Paarl-Suid, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R6 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Sneeukop Mountain House is bo die wingerde in Paarl geleë en bied 'n 360 grade-uitsig op die berge en oor die fynbos. Dit is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en maak van sonkrag en gas gebruik. Die verblyf is naby winkelsentrums, wynplase en restaurante.
Dié huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n matras vir 2 kinders, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed met 'n bababedjie en matras, asook 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n aparte gastetoilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n volledige kombuis, eetarea en sitarea. Die moderne kombuis is met 'n yskas-vrieskas, vyfplaatgasstoof en gasoond, mikrogolf, eetgerei, breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n eiland met stoeltjies toegetus Daar is ook 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser en wasmasjien vir gaste se gerief. Dit lei na die eetarea en na die helder en ruim sitarea met 'n TV met DStv-kanale en Netflix. Daar is ook 'n knus kaggel.
Die glasdeure lei na 'n stoep met 'n ingeboude braai-area en gemaklike sitplek, wat 'n skilderagtige uitsig oor die welige grasperk bied, perfek vir vermaak. Die asemrowende uitsigte oor Paarl en op die berge kan soggens met 'n koppie koffie geniet word. Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien. Dit verblyf word deur 'n elektriese heining en 'n afstandbeheerhek beveilig.
Slaapplek
’n Bespreking by Sneeukop Mountain House sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Sarine Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 2
Resensies 10
Maande gelys 10
Ligging
- Lustigaan-weg, Paarl-Suid, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lustigaan-weg, Paarl-Suid, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom