Somerset Grace

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 7 Okt 2019 tot 20 Okt 2019.

Beskrywing

Somerset Grace is gerieflik geleë in 'n beeldskone woonbuurt, net langs die R44-hoofweg en bied dus maklike toegang tot Stellenbosch, Somerset Mall en die Strand. Of jy nou vir sake of plesier, of net wil ontspan en die plaaslike wynroetes in dié prentjiemooi deel van Suid-Afrika wil verken, bied ons stylvolle akkommodasie aan die voorheuwels van die magiese Helderberge.

Eenheid 1 het 'n oopplan-ontwerp met 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n oopplan-uitleg en daar is ook 'n sitkamer en 'n kombuisie. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n elektriese braaipan. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met 4 kroegstoele.

Eenheid 2 het 'n oopplan-uitleg. Daar is 'n groot hoofslaapkamer, 'n TV-kamer met 2 enkelslaapbanke en 'n badkamer met 'n stort. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n lessenaar met 'n stoel, 'n kaggel en knus leer-rusbanke. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n elektriese braaipan. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met 4 kroegstoele.

Ons personeel sal verseker dat jy die perfekte wegbreek in Somerset-Wes geniet. Ons doel is om 'n onvergeetlike ervaring te verseker.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Somerset Grace gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 R723 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af. Geldig vanaf 7 Okt 2019 tot 20 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za