Songold @ Oak Lane Cottages
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs Valley-weg, Plaas Krommerivier, Elgin, 7180, Wes-Kaap
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Songold @ Oak Lane Cottages bied selfsorgverblyf op dieselfde perseel as ander kothuise wat apart verhuur word. Dit is op 'n vrugte- en hoenderplaas in die Elgin-vallei. Die verblyf is ideal vir 'n klein gesin wat van die stadsgewoel wil ontsnap.
Hierdie kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n bad, wasbak en toilet.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n binnebraai toegerus is. Dit lei na die etenstafel en sitarea met gemaklike sitplek. Gratis WiFi is beskikbaar.
Daar is 'n privaat stoep met braaigeriewe. Gaste kan voëlkyk, piekniek hou, in die dam swem en bergfietsry- en staproetes geniet. Daar is padstalle, die Elgin Railway Market, restaurante en wynproe-opsies in die omgewing. Hermanus, Greyton, Pringlebaai en Bettysbaai is tussen 50 en 70 km vanaf die verblyf.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ligging
- Langs Valley-weg, Plaas Krommerivier, Elgin, 7180, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs Valley-weg, Plaas Krommerivier, Elgin, 7180, Wes-Kaap