Southern Sands Eco Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 15 Des 2019 tot 31 Mrt 2020.

Beskrywing

Southern Sands Eco Lodge bied safari-tentstaanplekke en is aan die oewer van die Oranjerivier in die Ndlovumzu Natuurreservaat geleë, sowat 30,6 km vanaf Hoedspruit.

Daar is 2 individueel versierde tente wat slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders bied. Elke Safari-tent het ’n oopplan-leefarea, koninggrootte-bed en en suite-badkamer met ’n buitestort. Elke tent het ’n vuurput en toegang tot die buite-kombuisarea wat gedeel word.

Ontbyt, ander etes en braaipakke kan gereël word teen ekstra kostes. Die lodge het ’n sonverhitte swembad en plonspoel vir kinders, ’n groot, toegeruste lapa en gemeenskaplike braai- en vuurputarea met kookgerei.

Die reservaat is die tuiste van verskeie wild soos kameelperde, wildebeeste en zebras. Daar is ook voetslaan- en fietsrypaaie. Die reservaat is die ideale basis vanwaar gaste die besienswaardighede kan verken soos die Moholoholo Rehabilitasiesentrum, die Kinyonga Reptielsentrum en die Hoedspruit Bedreigde Spesiessentrum.

Die Kruger Wildtuin se Phalaborwa- en Orpen-hek is sowat 106 km van hier af. Die gashere bly in die hoofgebou op die plaas en is gewillig om gaste in te lig oor watter besienswaardighede om te besoek.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Southern Sands Eco Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 R1 080 per nag (plek vir 2)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 15 Des 2019 tot 31 Mrt 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za