Soutpan Safarikamp Port Nolloth
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Tieroogstraat, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R450 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Soutpan Safarikamp is in Port Nolloth geleë. Ons teikenmark is die nederige sakpas-avonturier wat op soek is na ietsie anders, kan kreatief dink, kamp-georiënteerd is en lief is vir die buitelug. Ons ongekunstelde geriewe bied ietsie anders as die normale lewenservaring.
Die kamp bestaan uit 3 rustieke houthuisies met 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n buitekombuis met geen yskas of ketel. Let asb. dat elke gas sy eie beddegoed en kussings moet saambring. Die opelug-badkamer is vir gemeenskaplike gebruik en het 'n privaatstort en 'n toilet.
Ons kan die see snags hoor, maar het nie 'n see-uitsig nie. Daar is nie TV nie aangesien ons heeltemal onafhanklik van die kragnetwek is, van gas gebruik maak om te kook en van sonkrag vir lig, elektrise toebehore, skootrekenaars en selfone. Daar is 'n kampvuur en 'n braai op die grond. Braairoosters en vuurvaste potte is beskikbaar vir potjiekos en potbrood.
Elke area is afgekamp met 2 m-hoë 95% skadunet, om volledige privaatheid aan die groep te bied, asook om dit lekker windbeskut te hou. Die hele kamp het 'n 2 m-hoë draadheining reg rondom en 'n oop buffer-area. Ons geliefde Great Dane-hond is ons hoof van sekuriteit en sal jou motor (wat van die straat af geparkeer word), veilig hou en die kinders oppas.
Aan die Noorde en Noordoostelike kante van die kamp strek die uitgestrekte soutpanarea tot doer in die verte. Aan die Suidelike en Weste kante van ons, lê die industriële gebied en aan die verre Ooste (1 km) is die Sizamile informele nedersetting. Die dorp is lekker naby vir varsprodukte en ys.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Tieroogstraat, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
- Gaste dink Soutpan Safarikamp Port Nolloth het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Port Nolloth Noord-Kaap
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Tieroogstraat, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom