Sperrgebiet Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sperrgebiet Lodge is op die plaas Sperrgebiet wat 10 km buite Springbok, 2,3 km vanaf die N7, in die pragtige Namakwaland geleë is. Die plaas is geleë tussen berge en koppies bespikkel met kokerbome in die skilderagtige semi-woestyn.

Ons bied verblyf in 4 selfsorg-eenhede waarvan 1 'n gesinseenheid is. Die selfsorg-eenhede het en suite-badkamers en is toegerus met DStv, gratis WiFi en daar is 'n swembad en braaigeriewe.

Gedurende die somermaande sal gaste gereeld die geluide van sprinkane en blaf van die nagakkedisse hoor. Voëlkykers word aangemoedig om hul verkykers saam te bring aangesien die eienaars, Tertius en Mareleze, reeds saam 69 voëlspesies uitgeken het. Die eienaars van die 300 hektaar-plaas het hul droom bewaarheid en dié stuk grond 'n paar jaar gelede gekoop om 'n rustige, stil lewe ver weg van die stad se gejaag en geraas te kan lewe.

Daar is 'n verskeidenheid doendinge in die omliggende omgewing, soos voëlkyk, staproetes, speel gholf op die gholfbaan naby ons en bergfietsry. Namaqua Horse Trails bied perdryroetes op 'n plaas naby ons en die Goegap Natuurreservaat is ook naby die lodge geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sperrgebiet Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za