Springtide Studios
- Kapasiteit: 22 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Logan-rylaan 18, Nahoon-riviermonding, Oos-Londen, 5241, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R750 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Springtide Studios bied gerieflike selfsorg-akkommodasie net 750 m van Nahoon-strand af in die gegoede woonbuurt, Nahoon, in Oos-Londen.
Hierdie nuwe selforg-ateljeewoonstelle is lugtig en gerieflik en bied slaapplek vir tussen 2 en 4 gaste. Elke ateljeewoonstel beskik oor 'n toegeruste kombuisie en ook 'n platskerm-TV met DStv. Verder het die
woonstelle ook WiFi. Parkeerplek van die straat af word voorsien en gaste geniet ook toegang tot 'n braaiplek en 'n swembad buite.
Nahoon-strand is Oos-Londen se gewildste strand en die woonbuurt Nahoon het om hierdie prentjiemooi besienswaardigheid ontstaan. Nahoon-strand
het lekker branders en is dus ook welbekend as 'n branderplankrybestemming. Besoekers kan gaan duik by Nahoon-reef of hulle kan gaan swem in die lekker vlak water van die riviermonding waar die Nahoon-rivier die see in vloei. Die Nahoon-rivier is ook gewild vir roei, waterski en visvang. Doendinge en besienswaardighede in die omgewing sluit in die Leeupark, Oos-Londen Gholfklub, Oos-Londen Akwarium, inkopies by Hemingways Mall, Oos-Londen Museum, Oos-Londen Dieretuin, Amalinda Natuurreservaat en die Gonubie-mond Voëlpark.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Xhosa
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Logan-rylaan 18, Nahoon-riviermonding, Oos-Londen, 5241, Oos-Kaap
- Gaste dink Springtide Studios het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Nahoon Strand Stirling Oos-Londen Oos-Kaap
- Kapasiteit: 22 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Logan-rylaan 18, Nahoon-riviermonding, Oos-Londen, 5241, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom