Kommetjie Akkommodasie by Spyglass Hill | LekkeSlaap
+28

Spyglass Hill

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Greenways-rylaan 46, Kommetjie, 7945, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 900 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Spyglass Hill is 'n pragtige huis wat deur Beatty Vermeiren ontwerp is naby Long Beach in Kommetjie. Dis die ideale vakansiehuis as jy op soek is na 'n plek naby die strand wat goed ontwerp, modern en kindervriendelik is. Daar is baie glas, 'n balau-dek, beton en 'n strandgevoel in dié huis.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 'n ekstra kamer, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en 2 leefareas. Die hoofslaapkamer bo het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer het ook groot glasskuifdeure wat toegang tot die dek wat om die huis strek bied. Dit het ook 'n uitsig oor die see na Chapman's Peak. Die tweede en derde slaapkamer is onder en het 'n dubbelbed en 'n koninggrootte-bed. Hulle het ook elkeen glasskuifdeure wat toegang tot die swembaddek bied. Die ekstra kamer is onder en is een van die sitkamers. Dit het 2 klein bedjies vir kinders en bied toegang tot die swembaddek. Die 3 slaapkamers is onder en maak gebruik van die gedeelde badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, Nespresso-koffiemasjien, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser. Die waskamer het 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër en dis onder. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n kaggel, platskerm-TV met DStv, 'n DVD-speler en 'n klein Bose-klankstelsel.

Groot skuifdeure bied toegang tot die dek vanaf die kombuis en sitkamerareas en dit laat baie lig in die huis in. Die kombuis bied ook toegang tot 'n dek met 'n etenstafel vir 8 gaste. Daar is ook 'n plonspoel met 'n veiligheidsnet, 2 sonstoele en braaigeriewe.

Daar is ook 'n rak vir branderplanke. Die huis het 'n alarmstelsel en bied parkeerplek op die perseel.

Kommetjie is 'n rustige kusvoorstad in Kaapstad aan die westekant van die Kaapse Skiereiland. Vername besienswaardighede soos Imhoff-plaas, Slangkop-vuurtoring en Long Beach met sy puik kreefduik-geleenthede is hier te vinde.

Slaapplek

’n Bespreking by Spyglass Hill sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Kinderbank vir 1
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xKinderbank vir 1

Kenmerke

Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Greenways-rylaan 46, Kommetjie, 7945, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Greenways-rylaan 46, Kommetjie, 7945, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAyIfLY6dcfWjrgljUH6JZpz5CBR3YjqVeUtcWUZOG7a6pdCsiHU?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 900  per nag (plek vir 8) 46 Greenways Drive Kommetjie 7945 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.13687 18.33382
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za