Strand Akkommodasie by St Tropez 305 | LekkeSlaap
+7

St Tropez 305

3 resensies
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 55% af

Kry 55% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vanaf 6 Jun 2020 tot 30 Nov 2020.

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eenheid 305 St Tropez, Kusweg 183, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R990 R445 per nag (vir 3 persone)

Beskrywing

St Tropez 305 is 'n sonnige selfsorgwoonstel wat ideaal geleë is in die veilige St Tropez-woonstelblok in die Strand. Al wat tussen jou en die swemstrand staan, is die pad. Die woonstel bied beeldskone uitsigte oor Valsbaai en dis net 'n paar minute van die gholfbaan en die inkopieparadys Somerset Mall af.

St Tropez 305 het gemaklike slaapplek vir tot 3 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Daar is ook 'n enkelbed in die leefkamer. Die badkamer het 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n tweeplaatstoof met oondjie, yskas-vrieskas, ketel en mikrogolf in. Die leefarea het 'n platskerm-TV met DStv.

Die St Tropez-kompleks het gemeenskaplike wasgoedgeriewe wat met munte werk op die grondvloer en ook gemeenskaplike braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Dit is die ideale bestemming vir 'n rustige strandvakansie en dis net 30 minute se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe af en naby aan Stellenbosch waar jy 'n verskeidenheid wynplase kan besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by St Tropez 305 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 3 resensies vir St Tropez 305
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Eenheid 305 St Tropez, Kusweg 183, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink St Tropez 305 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
was R990
Vanaf R445
per nag (vir 3 persone)
was R990
Vanaf R445
per nag (vir 3 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eenheid 305 St Tropez, Kusweg 183, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk3MGRkM2FlLWU4NTQtNDRlMy1iYzVjLThlODg0NmVmYzU5MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R990, nou Vanaf R445  per nag (vir 3 persone) 3 5 1 5 Unit 305 St Tropez 183 Beach Road 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.1050266 18.818007
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za