Starfish Lodge
Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 10 Mei 2022 tot 31 Jul 2022 gemaak.
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 Cordovan Singel, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12
-
Vanaf
R2 960R2 220 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die lodge kyk uit oor 'n pragtige inheemse tuin met soutwaterpoel en is slegs 2 min/ se stap vanaf die swemstrand van Robbeberg.
Daar is 6 gemaklike kamers, elk met en suite-badkamer en balkon wat oor die tuin en swembad uitkyk. Ons gebruik slegs die beste gehalte beddegoed en elk van die 6 kamers het strandhanddoeke, strandsambrele en stoele. Gaste kan dit na die strand neem.
Die lodge het 'n eetkamer met 'n gasbraai, en kombuis en sitarea. In die eetkamer kan daar gerieflik 12 persone sit, en die kombuis is toegerus met stoof, yskas en vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien en tuimeldroeer, eetgerei en breekware. Dis geleë in 'n inheemse tuin met swembad en gaste kan uitsien na 'n rustige atmosfeer.
Vir die gholf-entoesiaste het Plettenbergbaai 2 ongelooflike gholfbane en ons is ook naby aan Knysna en George wat elk ook baie mooi gholfbane het. Gaste kan ook op walvis en dolfyn toere gaan of kyk sommer net vanaf jou balkon hoe hulle in die water baljaar, of terwyl jy jou ontbyt geniet! Gaan stap in die Robbeberg Skiereiland, of besoek Kranshoek, Natures' valley of die Tsitsikamma Nasionale Park wat almal naby is.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- 17 Cordovan Singel, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Robberg Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 Cordovan Singel, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12