- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 59 Beethoven-weg, Melodie, Hartbeespoort, 0216, Noordwes
- Vanaf R1 080 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Stay Harties Accommodation bied ontspannende selfsorgverblyf op 'n lieflike, privaat landgoed in Hartbeespoort. Dit is sentraal en naby restuarante, koffiewinkels, winkelsentrums en besienswaardighede.
Gaste kan kies tussen eenhede vir 2 tot 6 gaste en die eenhede het elk 1 of 2 slaapkamers met en-suite badkamer met 'n stort en 'n toilet.
Elk van die eenhede het 'n ruim leefarea met oopplan-kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei en breekware toegerus is.
Die privaat sitareas het elk 'n slim-TV en WiFi. Die eenhede het nie toegang tot enige oop kanale of DStv nie, maar gaste kan hul eie intekenbesonderhede gebruik vir stroomkykdienste soos Netflix, Showmax, DSTV Now en meer.
Elke eenheid het sy eie ingang en meeste eenhede het privaat braaigeriewe. Onderdak parkeerplek is beskikbaar en klein troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.
Die landgoed bied verskeie piekniek- en braai-areas asook 'n heerlike groot swembad vir u om te gebruik en geniet. Gaste moet asb. hul eie swemhandoekke saambring. Daar is ook ‘n klimraam vir die kinders om op te speel.
Hartebeespoort bied aktiwiteite soos riviervlotvaart, bootvaarte, abseil, perdryroetes, warmlugballonritte, 4x4, bergfiets- en vierwielmotorfietsroetes, voetslaan en stap. Gaste kan ook die Borakalalo Reservaat, Hartebeespoortdam se akwarium en die Harties-kabelweg besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Charles Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 87
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Plot 59 Beethoven-weg, Melodie, Hartbeespoort, 0216, Noordwes
- Gaste dink Stay Harties Accommodation het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Melodie Hartbeespoort Bojanala Noordwes
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 59 Beethoven-weg, Melodie, Hartbeespoort, 0216, Noordwes