Stay@Gracios

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 31 Okt 2019 tot 1 Mrt 2020.

Beskrywing

Stay@Gracios is in Oudtshoorn op pad na die Kangogrotte geleë. Die dorp is op die bekende Kaapse Roete 62 in die Wes-Kaap geleë. Dit spog met die grootste volstruispopulasie in die wêreld en dié volstruise is op verskeie uitstekende volstruisskouplase in die distrik.

Dié selfsorg-eenheid is geleë in 'n baie veilige, stil en afgeleë singel (langs die Cango Wildlife Ranch) wat privaatheid bied. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en wasbak.

Die leefarea is oopplan en lei na 'n stoep. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, vierplaatstoof, oond, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n gerieflike ontbyttoonbank. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n platskerm TV (32") met sekere DStv-kanale.

Daar is ook 'n eetkamertafel met 6 stoele, en 'n waskamer met 'n wasmasjien, wastrog en strykgeriewe. Die eenheid bied gesellige buitemeubels en braaigeriewe wat rondgeskuif kan word. Daar is parkering baie naby die ingang wat uit- en inlaai vergemaklik. Daar is ook 'n klimraam vir die jongspan.

Slaapplek

'n Bespreking by Stay@Gracios sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
1 x Koningingrootte-bed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Italiaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stay@Gracios gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 R800 per nag (plek vir 6)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 31 Okt 2019 tot 1 Mrt 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za