LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+163
Selfsorg in Oudtshoorn

Stay @ Gracios   Prime picks icon.

Prime picks icon.
  • Slaapplek vir 16 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 51 Botha Street, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Stay@Gracios is in Oudtshoorn op pad na die Kangogrotte geleë. Die dorp is op die bekende Kaapse Roete 62 in die Wes-Kaap geleë. Dit spog met die grootste volstruispopulasie in die wêreld en dié volstruise is op verskeie uitstekende volstruisskouplase in die distrik. Die eiendom is in 'n veilige, stil, afgesonderde singel langs die Cango Wildlife Ranch geleë en bied totale privaatheid.

Verblyf is beskikbaar in 2 selfsorg-eenhede wat op die grondverdieping geleë is.

Die tweeslaapkamervilla se eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en wasbak. Die oopplan-leefarea lei na 'n stoep. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, vierplaatstoof, oond, eetgerei, breekware en 'n ontbythoekie toegerus. Dit sitarea spog met gemaklike banke en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Verder is daar 'n etenstafel vir 6, 'n wasgoedkamer met 'n wasmasjien en droogmaak- en strykgeriewe. Daar is stoepmeubels en draagbare braaigeriewe.

Die eenslaapkamervilla het 'n platskerm-TV met satellietkanale en die slaapkamer het 2 dubbelbeddens. Die badkamer het 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolf, breekware en eetgerei toegerus.

Riverside View is op die grondverdieping geleë en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoof- en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n stort en 'n toilet. Daar is ook 'n aparte badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die kombuis is met 'n mikrogolf, ketel, gasstoof, elektriese eenplaatstoof en 'n yskas toegerus. Daar is ook 'n slim-TV met satellietkanale en toegang tot 'n braai-area.

Die parkeerplek is naby die ingang. 'n Klimraam en 'n trampolien is vir kinders beskikbaar.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 149 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Venique V
Saam met vriende
5.0
Kort verblyf. Ons het baie lekker gebly, baie ruim.
Aug 2026
Ansa V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige, netjiese, gerieflike verblyf. Rustige, netjiese, gerieflike en veilige verblyf. Baie rustige atmosfeer. Baie behulpsame gasvrou.
Aug 2026
Elizabeth W
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gekuier in ruim gastehuisie met sonnige stoep en eie privaattuintjie. Heerlik gekuier en geslaap. Warm bedjies op 'n koue wintersaand. Kombuis...
Sien meer
Jul 2026
Marius M
Saam met vriende
5.0
Tuis gevoel netjies en skoon. Bitter netjies en georganiseer. Al vir enige persoon aanbeveel.
Jul 2026
Liezl S
Gesin met klein kinders
5.0
A spacious home away from home. The unit we stayed in at Gracios felt like an entire home. We only needed it for a night, but it is ide...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lidiana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 149

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 51 Botha Street, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Stay @ Gracios het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R1 150
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R1 150
per nag (plek vir 4)
Bespreek

51 Botha Street, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 16 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf3a0f4b930f75459eb5f7a11baf2a56a214a68c1018364154d52bc77ac543d4ee70839836eb1e6db0c909aad8c4be19bece9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag (plek vir 4) 149 5 1 5 51 Botha Street Oudtshoorn 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -33.569303067873 22.208858716602
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang