+200

Steenbokkie Nature Reserve

Wildsplaas
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 50 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokkie Nature Reserve, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 035 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Steenbokkie Nature Reserve is 'n werkende wild- en gasvryheidsplaas net 8 km vanaf Beaufort-Wes. Dit bied gerieflike verblyf aan 'n oornaggas asook 'n onvergeetlike ervaring vir 'n gesin of vakansieganger. Gaste kan uitsien na sterrekyk in die oop vlaktes van die Karoo, die Nuweveld Berge in die verte en 'n unieke plaas-ervaring.

Verblyf is in gastekamers en selfsorg-kothuise beskikbaar. Die gastekamers het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort en toiletgeriewe, asook lugversorging, 'n TV met DStv-kanale, elektriese komberse en tee- en koffiemaakgeriewe. Handdoeke word voorsien. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis en piekniek- en braai-area. By ontvangs kan gaste koeldrank, ys of tjops koop.

Elke kothuis het 'n kombuisie wat met 'n stoof, yskas-vrieskas en 'n mikrogolf toegerus is. Die en suite-badkamers het elk 'n stort en toiletgeriewe. Verder het die kamers lugversorging, 'n TV met DStv-kanale, elektriese komberse en tee- en koffiemaakgeriewe. Handdoeke word voorsien.

Die Jaghuis is 'n aparte huis 1 km van die ontvangs af.

Gaste kan uitsien na voetslaan-roetes waar hulle wild soos kameelperde, sebras, wildebeeste, springbokke, duikers, tsetsebes, njalas en 'n verskeidenheid voëls kan sien. Ander spesies wat gereeld saans op die gras van die kampeerterrein wei, is steenbokkies. Wild kan slegs te voet, fiets of met gaste eie vervoer besigtig word, slegs op afspraak.

Daar is 'n 5 km-langeroete indien gaste wil rustig loop of MTB-ritte wil doen. Daar is 'n 13 km lange roete vir motorfietse en 'n 23 km lange roete vir diegene wat meer ervare is. Gaste moet hul eie fietse saambring.

Daar is talle doendinge om die kleintjies te vermaak, soos 'n speelterrein, swembad en die plaasdiere voer. Die plaas is ook die tuiste van skape, eende, henne, varke, konyne, donkies en perde.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Wildritte
Swembad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 595 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Charlene N
5.0
Fabulous, spacious, modern rooms at a very affordable price. Sunel is the perfect host and ready with all the info you need even before...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2025
Brenton V
5.0
Rustig. Pui! Dit was baie lekker en pragtig.
Nov 2025
Elzette L
5.0
Bliss. So 'n lieflike oornagtuig. Ek sal Steenbokkie Nature Reserve beslis aanbeveel. Lieflike kamer met alles wat ek nodig gehad het en die plaasatmo...
Sien meer
Nov 2025
Renate J
Saam met lewensmaat
5.0
Stil en rustig. Wat 'n pragtige plekkie in die bos. Baie rustig en stil, skoon en netjies. Ons het ons verblyf baie geniet.
Nov 2025
Jopie B
Saam met lewensmaat
5.0
‘n Goeie en bekostigbare oornagplek wat ek beslis weer sal benut! Gasheer Marius het ons lekker hartlik verwelkom en na ons kamer geneem waar alles wa...
Sien meer
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Sunel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 595

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Steenbokkie Nature Reserve, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Steenbokkie Nature Reserve het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 035
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 035
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 035
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 50 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokkie Nature Reserve, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8ac7fc48502a8f72933e4084f75efe7fde10df1efe862acce95ecf8e40f724737adbdf33e6fdfe3ee00f8e0dc6e644bc3b53?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 035 per nag, vir 2 mense 595 5 1 5 Steenbokkie Nature Reserve Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.339795671298 22.657670974731
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang