Stellenberg Lodge
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 19 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kronendal-singel 16, Stellenryk, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Vanaf R890 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Stellenberg Lodge is in 'n stil singel in die Noordelike Voorstede van Kaapstad geleë. Dis stapafstand vanaf Hoërskool Stellenberg en 'n winkelsentrum met tientalle restaurante. Dié lodge is maar net 3 minute se ry vanaf die N1 wat na Kaapstad en gewilde wynroetes lei. Dis die perfekte basis vir gaste wat deur die Wes-Kaap toer.
Stellenberg Lodge bied verblyf in 4 selfsorg-woonstelle. Die Bamboo- en Tuinwoonstel het elkeen 'n oopplan-uitleg. Die Fontein-woonstel het 1 slaapkamer en die Balkon-woonstel het 2 slaapkamers. Elke eenheid het 'n kombuisie, 'n privaat badkamer en 'n TV met sekere kanale. Die woonstelle is elkeen met moderne meubels en gehalte-linne ingerig.
Gaste het toegang tot 'n aparte ingang deur 'n sekuriteitshek en parkeerplek op die perseel agter 'n elektriese hek.
Stellenberg Lodge is naby Hoërskool Stellneberg, Stellenbosch Universiteit se Bellville kampus, Merdiclinic hospitale en privaat klinieke sodat jy 'n sakereis en vakansie sommer maklik kan kombineer. Dis 25 km vanaf Kaapstad se middestad, die V&A Waterfront en Kaapstad Internasionale Lughawe.
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Nancy Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 123
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Kronendal-singel 16, Stellenryk, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink Stellenberg Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Durbanville Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 19 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kronendal-singel 16, Stellenryk, Durbanville, 7550, Wes-Kaap