Stilbaai Family Holiday Home

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stilbaai Family Holiday Home is 'n lieflike selfsorg-rietdakhuis wat in die stil Little England-woonbuurt in die vakansiedorp Stilbaai geleë is. Die huis is net 50 m vanaf die Goukourivier en 10 minute se stap vanaf die hoofstrand. Die huis is in die vorm van 'n perdeskoen gebou en die rustige ligging bied pragtige uitsigte van die omgewing.

Die huis bied slaapplek vir tot 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 'n kombuis en 'n oopplan-eetkamer en -sitkamerarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en toilet. Die tweede badkamer het 'n bad en aparte stort. Daar is ook 'n gaste-toilet.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n yskas, vrieskas, gasstoof en elektriese stoof met oond en al die eetgerei en breekware vir 8 gaste. Daar is 'n eetkamertafel van hout in die eetkamer wat sitplek bied vir 8 mense. Die gerieflike sitkamer is ingerig met 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n kaggel. Ingeboude en Weber-braaigeriewe is buite beskikbaar.

Die huis spog met 'n nuwe grasdak en het 'n vars grasdak-reuk. Ons is mal hieroor, maar nie almal hou daarvan nie. Nuwe grasdakke is geneig om grassaadjies en blaartjies te laat val, wat dan op die beddens, meubels, ens. beland. Dit is nie 'n teken van 'n vuil huis nie. Die huis word deeglik skoongemaak en belug voordat die gaste arriveer, maar 'n sterk wind kan dit oornag verander. Let asb. daarop dat die huis met 'n paar geitjies gedeel word. Ons is mal oor hulle, want dis 'n eko-vriendelike manier om van insekte ontslae te raak.

Slaapplek

'n Bespreking by Stilbaai Family Holiday Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kaggel

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stilbaai Family Holiday Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za