Stokkiesdraai in Kleinmond

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stokkiesdraai in Kleinmond bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamer-vakansiehuis teen die see in Kleinmond. Die huis het ononderbroke see- en berg-uitsigte van die veranda en onderdakstoep af.

Die gastehuis het slaapplek vir tot 8 gaste en bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-sitarea en -eetarea en kombuis langsaan. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet, wasbak en 'n wasmasjien.

Die oopplan-sitarea en -eetarea het 'n kaggel en 'n TV met DVD-speler en DStv-koppelpunt. Gaste wat DStv wil kyk moet asseblief onthou om hul eie dekodeerders en slimkaarte saam te bring. Die kombuis is toegerus met 'n vierplaatstoof en -oond, mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, 'n skottelgoedwasser, 'n ketel, broodrooster, breekware en eetgerei. 'n Tweede yskas-vrieskas is beskikbaar indien nodig.

Gaste het toegang tot 'n privaat agterplaas met 'n grasperk en 'n veranda met braaigeriewe en tuinmeubels. Daar is 'n motorafdak vir 2 voertuie. Geen troeteldiere of rook word toegelaat in die huis nie.

Die rotsagtige kus is minder as 'n minuut se stap van die huis af en die hoofstrand en strandmeer is minder as 10 minute van ons af.

Besienswaardighede in die omgeing: Kleinmond se Fresh Market, die Kogelberg Natuurreservaat, Leopards Kloof Staproete, en Arabella Gholfbaan.

Slaapplek

'n Bespreking by Stokkiesdraai in Kleinmond sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stokkiesdraai In Kleinmond gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 945 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za