Stone Castle

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Welkom by Stone-Castle, Saldanha. Gastehuis op die strand.

'n Majestueuse konstruksie van sand en pleister, in die styl van middeleeuse kastele van mites en fantasie. Met 3 verdiepings en reg op die strand gebou, is die kasteel 'n uitstekende nuwe toevoeging tot die rustige strekking van kuslyn langs Bluewater Bay in die Saldanhabaai-area van die Kaapse Weskus.

Stone-Castle bied skuiling vir die moeë reisiger. Dik klipmure en hoë dakke, swaar deure, baie kamers, 'n heerlike vuurherd, trappe wat na hoë torings lei, 'n regte kasteel in die ware sin van die woord.

Besoek Stone-Castle en ervaar die wonder en gasvryheid van 'n sprokiesagtige wêreld.

Stone-Castle, Saldanha, bied die gasvryheid en gemak van die Ouwêreld. Geen kasteel is 'n kasteel sonder torings, en Stone-Castle bied gaste 'n kans om verblyf te ervaar in een van die toringslaapkamers.

Die kamers het al die nodige geriewe soos 'n stort, outydse wasbak, 'n toilet, 'n TV, koffietafel met 'n ketel en 'n verskeidenheid tee en koffie met ongelooflike uitsigte oor Saldanhabaai.

Tussen die torings, op die dak van die kasteel, is 'n groot vermaaklikheidsarea, waar gaste drankies en braaivleis onder die son kan geniet, met die pragtigste uitsig oor die hele baai.

Die kombuis kook en stoom met geure van kos wat op ons antiekgegiete yster-stoof. Die groot eetkamer het gemaklik plek vir 40 mense. Aandete is 'n deftige affêre, en na-ete drankies word om die wonderlike vuurmaakplek geniet. Die Castle het sy eie versameling boeke en 'n gemaklike sitkamer, met see-uitsig, waarin gelees en ontspan kan word. 'n Studeerkamer met groot lessenaar van handgemaakte akkerhout voorsien gaste met internettoegang.

Veilige parkering is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stone Castle gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za