LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Stroom Op | LekkeSlaap
+24

Stroom Op

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 14:00
  • Adres: Hoofweg Oos 33, Stilbaai-Oos, 6674, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 750 per nag (vir 12 persone)

Beskrywing

Stroom Op is op die Goukourivieroewer in Stilbaai-Oos geleë en bied gehalte-verblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is lekker naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die huis beskik oor 5 slaapkamers en het slaapplek vir 12 gaste. Die eerste 4 slaapkamers het dubbelbeddens en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed wat ideaal is vir kinders. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, 3 yskaste, 'n mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser.

Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv, en die eetarea het genoeg sitplek waar gaste maaltye saam kan geniet.

Die huis lei na 'n grasperk op die rivieroewer en gaste is welkom om met die kano's in die veilige waterkanale van die rivier te vaar wanneer dit hoogwater is. Die huis spog met pragtige uitsigte oor die rivier wanneer die son ondergaan en die voëls wat alewig in die area kuier, is iets om te aanskou. Die buitebraai is 'n gewilde kuierplek vir almal.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die huis is kinder- en troeteldiervriendelik en ideaal vir 'n groot groep.

Slaapplek

’n Bespreking by Stroom Op sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Stapelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Hoofweg Oos 33, Stilbaai-Oos, 6674, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 750
per nag (vir 12 persone)
Vanaf R3 750
per nag (vir 12 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 14:00
  • Adres: Hoofweg Oos 33, Stilbaai-Oos, 6674, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9a0e38bf009e3d8de6c43af561b64a33c6442004089f140046a44bbed6981c236cd7d9dec2a69e5678a5a49d744a64353602?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 750  per nag (vir 12 persone) 33 Main Road East Still Bay East 6674 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 14:00 -34.3652159 21.416305
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!