5 gaste
2 slaapkamers
3 beds
2 badkamers
- 5 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 31 A. Lineata street, Dana Bay, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Stroopsoet Vakansie Huisie bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n tweeslaapkamerhuis in Danabaai, 'n woonbuurt in die kusdorpie Mosselbaai. Daar is 'n pragtige see-uitsig van die huis af.
Die huis het 2 en suite-badkamers, 'n ruim oopplan-leefarea en -kombuis. Die slaapkamers het dubbelbeddens en die en suite-badkamers het storte.
Die oopplan-leefarea maak op die stoep met 'n ingeboude braai en see-uitsigte oop. Die oopplan-leefarea is toegerus met 'n TV en 'n slaapbank en die kombuis het 'n ontbyttoonbank, yskas, oond, stoof, mikrogolf en ketel. Gaste het toegang tot die mini-wasserygeriewe in die motorhuis met 'n wasmasjien.
Die naaste strand is sowat 2,5 km van die huis af. Die dorpie Mosselbaai is halfpad tussen Kaapstad en Gqeberha (Port Elizabeth) geleë en dis in die hartjie van die Tuinroete. Dus is dit 'n ideale oornagplek vir reisigers tussen die Wes- en die Oos-Kaap. Mosselbaai is 'n welbekende toeristebestemming en is veral bekend vir sy poskantoor in die vorm van 'n skoen, die Tuinroete-casino en 60 km se uitgestrekte strande. Besienswaardighede sluit in die Kaap St Blaize-vuurtoring, die Mosselbaai-gholfklub, Ochre Barn, The Old Joinery, die oorlogsgedenkteken, Zorgfontein-wildplaas en Botlierskop Privaat Wildreservaat. Verder is daar 'n hele rits doendinge in Mosselbaai vir die adrenalienvrate, insluitend haaihokduik, skeepswrak-duik, motorbootritte, township-toere, reksprong en valskermspring.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.1/5
Yolande Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 31 A. Lineata street, Dana Bay, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Stroopsoet Vakansie Huisie het ’n goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
31 A. Lineata street, Dana Bay, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
Sien kaart- 5 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang