St.Tropez 1109

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St Tropez 1109 is 'n knus selfsorgwoonstel wat ideaal geleë is in die veilige St Tropez-woonstelblok in die Strand, net oorkant die swemstrand. Die woonstel bied beeldskone uitsigte oor Valsbaai en is net 'n paar minute van die gholfbaan en die inkopieparadys, Somerset Mall, af. Dit is die ideale bestemming vir 'n rustige strandvakansie en dis net 30 minute se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe en na aan Stellenbosch waar jy 'n verskeidenheid wynplase kan besoek.

St Tropez 1109 bied gemaklike slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het ’n dubbelbed, derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Alle slaapkamer het dakwaaiers.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof en oond, 'n ketel en 'n broodrooster in. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die gerieflike sitkamer het 'n plafonwaaier en 'n TV met volle DStv.

Die St Tropez-kompleks het gemeenskaplike wasgoedgeriewe wat met munte werk op die grondvloer en ook gemeenskaplike braaigeriewe. Veilige toesluitmotorhuis beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by St.Tropez 1109 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St.Tropez 1109 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za