Summer Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Summer Place is 'n gesogte, selfsorgwoonstel in Kampsbaai, Kaapstad. Die eiendom bied fantastiese uitsigte oor die omgewing, see en op die berge vanuit meeste van die kamers en balkon.

Dié dubbelverdieping-meenthuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, rusbank, 'n TV en 'n en suite-badkamer met 'n losstaande bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed met toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort.

Die oopplan-kombuis op die boonste verdieping is toegerus met die nodige vir kosmaak. Daar is ook 'n wasmasjien-tuimeldroër. Die leefarea langsaan lei na die balkon en spog met gasbraaigeriewe. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad op die perseel.

Daar is 2 kelderparkeerplekke vir 2 voertuie. Summer Place is naby Kampsbaai se strand, restaurante, kroeë en dansklubs. Die eiendom is ongeveer 25 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

Slaapplek

'n Bespreking by Summer Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Summer Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false