Pearly Beach Akkommodasie by Sundowner Cottage | LekkeSlaap
+26
+26

Sundowner Cottage

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rotundaweg 46, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Sundowner Cottage is 'n selfsorgkothuis in Pearly Beach met 'n uitsig oor die fynbos.

Die houthut is 53 m² groot, op stelte en in 'n omheinde inheemse tuin van sowat 830 m². Die huisie het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n groot glasdeur na 'n dek met 'n panoramiese uitsig.

Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad en handstort, 'n kassie, wasbak, handdoeke en 'n badmatjie. Die kombuis is toegerus met eetgerei, breekware, 'n ketel, broodrooster, mikrogolf, stoof, oond, wynglase, 'n botteloopmaker en 'n yskas.

Die sitkamer het stoele, 'n rusbank, waaier, boeke om te lees en 'n verbrandingsoondjie. Daar is ook 'n groot glasdeur na die dek waar gaste die pragtige uitsig kan geniet.

Gaste kan van die braaidrom gebruik maak. Die huisie word beveilig met 'n alarm, laserstrale en gewapende reaksie. Onderdakparkeerplek is agter geslote hekke beskikbaar.

Die huisie is in 'n stil deel van die dorp naby Blue Water Bay waar gaste veilig kan swem, visvang en op die strand kan ontspan.

Slaapplek

’n Bespreking by Sundowner Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Sundowner Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Rotundaweg 46, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sundowner Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rotundaweg 46, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAW1DC4ELb7kgOZzYAkYEJgOt8aNsA5FgHGRBsHlXe0hFQARUNep?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 46 Rotunda Way Pearly Beach 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 13:00-19:00 10:00 -34.659144 19.480951
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za