Swellendam Akkommodasie by SwelleN2 Farm Lodge | LekkeSlaap
+43
+43

SwelleN2 Farm Lodge

  • Vanaf R550 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 41 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N2, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

SwelleN2 Farm Lodge is gerieflik geleë op die N2, slegs 2 km vanaf Swellendam aan die Kaapse kant. Die lodge bied ware plattelandse verblyf met 'n ongekunstelde plaas-atmosfeer wat gaste toelaat om te ontspan langs die Klipperivier.

Verblyf word gebied in 'n houthuis met 10 en suite-kamers met beddegoed en 'n gemeenskaplike kombuis. Daar is 'n leefarea met DStv langsaan die kombuis. Elke kamer het sy eie en suite-badkamer met 'n stort. Van die kamers het yskassies en al die kamers het koffie- en teemaakgeriewe.

Gaste kan afkoel in die rivierpoele agter die lodge en kinders kan op die trampolien baljaar. Daar is 2 groot braai-areas by die lodge en 1 is onderdak. Gaste kan ook die plaasdiere ontmoet en voer of net luilekker rondlê op die perseel wat 7 hektaar groot is.

Verblyf is ook beskikbaar in die Blue Mountain Plaashuis. Hierdie eenheid het slaapplek vir 9 gaste en beskik oor 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed en 'n enkelbed het. Ander geriewe in die kamer sluit 'n enkelbed en 'n stapelbed in die sitarea, 'n badkamer met 2 stoere, 'n TV en DStv in. Daar is ook 'n kombuis met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof en 'n groot binnehof met 'n buitebraai en 'n klimraam vir die jongspan.

Spesiale aanbiedings is op versoek beskikbaar vir groepe met ligte aandete- en ontbyt-opsies.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 18 resensies vir SwelleN2 Farm Lodge
Netheid
4.5/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • N2, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Gaste dink SwelleN2 Farm Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 41 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N2, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcyZWIwZDgzLTNlOTQtNGI4NS1hYmI0LWZkMzIxOTZiYzJlNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (vir 2 persone) 18 5 1 5 N2 Swellendam 6740 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -34.059319096186 20.4208130187
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za