Tanglewood Country House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tanglewood Country House is in die hartjie van die pragtige Darglevallei in die KwaZulu-Natalse Middellande geleë. Die hotel is in 1885 gebou en die herkoms van die era is vasgevang in die gebou en pragtige tuine wat oor die vallei uitkyk. Gaste word uitgenooi om die rustigheid en die warm gasvryheid van 'n eksklusiewe bestemming in die platteland te kom ervaar. Die hotel het maklike toegang na die N3 tussen Durban en Johannesburg op die Midlands Meander aan die voet van die Drakensberge.

Die historiese huis bied verblyf in 9 en suite-slaapkamers aan. Elke slaapkamer is uniek versier in 'n Engelse plattelandse styl. Daar is 2 kamers wat met 'n skakeldeur verbind word en ideaal is vir 'n gesinsbespreking. Die slaapkamers word daagliks skoongemaak en van skoon handdoeke voorsien. Elke slaapkamer het koffie- en teemaakgeriewe en 'n yskassie. Gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar. 'n Paar van die slaapkamers bied toegang tot 'n privaat balkon.

Gaste het toegang tot 'n gerieflike gastesitkamer met 'n houtvuurkaggel en 'n aangrensende privaat lees- en speletjieskamer. Die knus plattelandse kroeg spog met 'n kaggel en is die perfekte plek om ontspan in die aand. As die weer dit toelaat kan ontbyt in die welige 100 jaar oue tuin onder die prieel bedien word, anders word dit in die eetkamer bedien. Ontbyt kan met aankoms gereël word en bestaan uit vrugte, volroomjogurt, spek, eiers, gebraai tamatie en varkworsies. Geroosterde brood, koffie, vrugtesap en ontbytgraan word ook voorsien.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tanglewood Country House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 165 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za