Tevrede Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tevrede Gastehuis bied verblyf in 'n bekoorlike ateljeewoonstel in Rietondale in Pretoria. Dié pragtige eenheid is op die eienaar se perseel en is ideaal vir 'n paartjie of 2 persone, wat op soek is na 'n gerieflike oornagplek naby verskeie geriewe.

Die ten volle gemeubileerde ateljee het sy eie ingang en 'n oopplan-ontwerp. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Die kombuis het 'n yskassie en mikrogolfoond, maar nie 'n stoof nie. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die kothuis het ook sy eie dek, binnehof en veilige parkeerplek is vir 1 voertuig. Aangesien die eienaar reeds honde het word troeteldiere ongelukkig nie toegelaat nie.

Tevrede Gastehuis is naby 'n paar restaurante en winkels in die omgewing. Menlyn Mall is sowat 15 tot 20 minute se ry weg. Die Universiteit van Pretoria, Loftus en die Uniegeboue is minder as 5 km weg. Steve Biko-, Eugene Marais-, Femina en die Moot Hospitale is binne 7 km van die gastehuis. Die gastehuis bied maklike toegang tot die N4 en die N1.

Slaapplek

'n Bespreking by Tevrede Guesthouse sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tevrede Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za