The Ancient Copper Shed

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Ancient Copper Shed is op 'n olyfboord- en bosveldlandgoed wat en bied 'n uitsig oor 'n aangrensende wildsplaas. Dit is net 10 km vanaf Potchefstroom op die rand van die Vredefortkoepel.

Met slaapplek vir 4 gaste in Sumer huisie en 5 gaste in Egypt huisie bied hierdie twee volledig toegeruste en privaat grasdakhuise, wat stylvol en uniek volgens 'n antieke Sumeriese en Egiptiese tema gedekoreer is, rus vir die siel.

Die Sumer-eenheid het 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n solder met 2 driekwartbeddens. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Kraakvars handdoeke en beddegoed word voorsien. Daar is 'n buitestort met warm water in die lieflike tuin. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware, potte en panne. Hierdie huisie het 'n privaat braaiarea onder lowergroen doringbome. Gaste kan in die sitkamer met 'n knus kaggel of op die stoep met 'n uitsig oor die wildskamp ontspan.

Die Egypt-eenheid het 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, 'n solder met 3 driekwartbeddens en 'n privaat badkamer met 'n stort en 'n bad. Kraakvars handdoeke en beddegoed word voorsien. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware, potte en panne. Hierdie huisie het 'n privaat braaiarea onder lowergroen bome. Gaste kan ook in die sitkamer met 'n knus kaggel of op die stoep ontspan. Daar is ook 'n buitestort met warm water in die lieflike tuin, die Tuin van Eden wat deur eetbare kruie en bessies omring word.

Troeteldiere is welkom.

Potchefstroom is 'n akademiese dorp aan die oewer van die Mooirivier sowat 120 km vanaf Johannesburg en 45 km vanaf Klerksdorp in Noordwes.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Ancient Copper Shed gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false