The Artist Cottage
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jubilee-straat 21, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
The Artist Cottage is 'n knus selfsorgkothuis vir 5 gaste in die middel van Sutherland.
Dié Karoo-kothuis is in die vroeë 1930's gebou en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Een van die slaapkamers is 'n oopplan-solderkamer wat via trappe binne of buite die huis bereik word en het 'n dubbelbed en 'n driekwartbed. Daar is ook 'n vrystaande Victoriaanse bad en 'n aparte toilet.
Die slaapkamer op die grondverdieping het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Daar is ook elektriese komberse vir die koue aande. Let asb. daarop dat die trappe na die solderarea steil is en dat gaste ekstra versigtig moet wees wanneer trappe geklim word.
Die oopplan-leefarea en -kombuis is op die grondverdieping. Die kombuis het 'n yskas, oondjie, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n etenstafel.
Die sitarea het 'n gesellige kaggel/binnebraai en daar is 'n vuurput buite. 'n Kissie hout en 'n blokkie vuuraansteker word voorsien. Rook is in die kothuis verbode.
Sutherland is is bekend vir skoon lug, sterrekyk en koue temperature in die winter. Dié dorpie is die tuiste van SALT, die grootste teleskoop in die Suidelike Halfrond. Gaste kan moontlik sneeu in die winter en veldblomme in die lente sien.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Fritz Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 65
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Jubilee-straat 21, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Gaste dink The Artist Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sutherland Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jubilee-straat 21, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom