The Blue Marine Self-Catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Blue Marine Self-Catering is 'n selfsorgwoonstel 2 km buite Gordonsbaai, 'n skilderagtige hawedorp in die Wes-Kaap. Gordonsbaai spog met pragtige strande, 'n mediterreense klimaat en bied die perfekte vakansie by die see.

Die oopplan-woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer. Weens die ernstige droogte in die Wes-Kaap is die badprop verwyder. Die en-suite-badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Bad- en swemhanddoeke word voorsien.

Die eenheid het 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Verder is daar 'n eetkamer en sitkamer met rusbanke en 'n platskerm-TV met volledige DStv. Die leefarea lei na 'n lieflike balkon met stoepmeubels, 2 sonstoele en braaigeriewe. Die balkon het pragtige uitsigte. Die eenheid het motorhuisparkeerplek met direkte toegang.

Let asb. daarop dat rook verbode is in die woonstel. Gaste mag egter op die balkon rook.

Die sentrale ligging, net 40 minute vanaf Kaapstad, maak dit die ideale basis om al die Kaap se vernaamste besienswaardighede te verken.

Slaapplek

'n Bespreking by The Blue Marine Self-Catering sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Blue Marine Self-Catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za